Ponting sal nog toetskrieket speel

2012-02-21 15:14
Tweets Share Share line Print

Sydney – Ricky Ponting, wat weggelaat is uit Australië se eendagspan, het gesê hy wil steeds toetskrieket vir sy land speel, het Beeld Dinsdag berig.

Ponting is Maandag uit die eendagspan vir die volgende twee kitswedstryde in die driehoekige reeks, waaraan Indië en Sri Lanka ook deelneem, gelaat.

"Ek dink ek het aan almal en myself bewys dat ek nog daartoe in staat is om in toetskrieket te domineer, soos wat ek in die afgelope toetsreeks teen Indië gedoen het," het Ponting gesê.

Hy het 'n sleutelrol gespeel in Australië se reekssege van 4-0 oor Indië. Hy het 544 lopies teen 'n gemiddelde van 108.80 aangeteken en in die proses twee honderdtalle en drie vyftigtalle gemoker.

Ponting sê die keurders het hom ingelig dat hy nie meer deel is van hul planne vir die eendagspan nie.

Hy het gesê hy verstaan waarom die keurders die span wil herbou met die oog op die volgende Wêreldbeker-toernooi en dat hy "geensins bitter is oor wat gebeur het nie".

James Sutherland, uitvoerende hoof van Krieket Australië, het hulde gebring aan Ponting en gesê dié kolwer sal onthou word as waarskynlik die land se beste eendagspeler tot nog toe.

Vir die beste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.