Ponting - beste kolwer sedert Bradman
2009-08-02 11:11
Sydney – Ricky Ponting is geprys as die beste kolwer sedert Don Bradman nadat hy Allan Border se Toets-gemiddeld in die derde As-toets in Edgbaston gebreek het.
Border het persoonlik die eer aan Ponting gegee nadat hy Vrydag Border se record 11,174 toetslopies oorgesteek het in die wedstryd teen Engeland.
Niemand kon nog naby Border se beroepsgemiddeld van 99,94 kom nie en die argument oor wie Australië se tweede beste is gaan al vir dekades aan.
Maar Border het gesê dat dit moeilik is om Ponting mis te kyk.
“Ricky het al alles gedoen. Ek dink hy is seker ons tweede beste kolwer na Bradman, het Border gesê.
“Ricky kan ook spoed optel. Hy is vreesloos. Ek dink net dat as jy hierdie soort kwaliteite het is jy ‘n volkome speler.”
Ponting het Border se rekord in sy 134ste toets oorgesteek, met ‘n gemiddeld van 56,22 teenoor Border se 50,56.
- Reuters