Ponting, Clarke rig waarskuwing

2011-10-20 07:00
Tweets Share Share line Print

Centurion – Ná Woensdagaand se kitskrieket-ontmoeting tussen Suid-Afrika en Australië is twee dinge duidelik: geen wedstryd is gewen óf verloor voordat Ricky Ponting sy sê gehad het nie; en plant ’n paaltjie op die SuperSportpark-kolfblad en dit sál ­reën.

Met swaar weerlig en daarna reën is verrigtinge vir langer as drie uur onderbreek en het die Aussies 'n wenteiken van 223 lopies (volgens die Duckworth/Lewis-stelsel) gestel nadat die boulbeurte na 29 verminder is.

Australië het die kragmeting met 93 lopies gewen.

Ponting, die voormalige Aussie-kaptein en veteraan-kolwer, was wéér die groot doring in Proteas-vlees met sy onoorwonne beurt van 40 lopies (55 balle, 7x4) in die eerste van drie eendag-kragmetings tussen dié lande. voordat eers swaar weerlig en daarna reën verrigtinge vir langer as drie uur onderbreek het.

Ponting was nie deel van die afgelope twintig20-reeks tussen dié spanne nie.

Hy het hom vandeesweek by die toergroep aangesluit wat steeds wonder hoe die blitsreeks met 1-1 gelykop geëindig het ná Suid-Afrika se dramatiese sege met drie paaltjies op die Wanderers.

Die 36-jarige Tasmaniër het weliswaar ’n paar benoude oomblikke beleef nadat Warner in net die derde boulbeurt sy bypen verloor het in bewolkte en winderige toestande.

Dié hotklou-mokerman, wat feitlik onstuitbaar was in die onlangse Kampioeneliga in Indië en van wie daar groot gewag gemaak is voor sy Suid-Afrikaanse “safari”, kon vir die derde keer in soveel probeerslae nie die mas opkom teen die Suid-Afrikaanse aanvangsboulers nie.

Hy het agtereenvolgende nulletjies aangeteken in die blitsreeks en kon Woensdag net 20 (17 b, 4x4) aanteken voordat Dale Steyn hom met ’n juweel van ’n aflewering teruggestuur het kleedkamer toe.

Waar Warner gefaal het, het Ponting en sy kaptein, Michael Clarke (29*, 43 b, 5x4), egter geskitter met ’n onoorwonne vennootskap van 75 lopies om die tweede paaltjie.

Die einste Clarke het die Proteas eergister gewaarsku dat Ponting sake moeilik sou maak vir die tuisspan – en hy hét.

Vir die Proteas was die langverwagte terugkeer van Steyn (1/34) minder geslaagd.

Die Phalaborwa Express is ’n welkome ruskans gegun op Nuweland en op die Wanderers, maar het duidelik verroes gelyk in sy vier boulbeurte.

Dit was egter nie net die 12 grenshoue wat Ponting en Clarke saam aangeteken het nie, maar hul vermoë om die veldplasings van die Proteas se waarnemende kaptein, Hashim Amla, te manipuleer en die telbord só aan die rol te hou, wat beïndruk het.

Dit voorspel niks goeds vir die res van die reeks en die twee toetse teen die besoekers aanstaande maand nie.Lonwabo Tsotsobe (0/16) was weer die indrukwekkendste van die Suid-Afrikaanse boulers.

Morné Morkel (0/16), Johan Botha (0/10) en Jacques Kallis (0/20) het met heelwat dissipline geboul, maar sonder sukses.

Die tweede wedstryd vind Sondag in Durban plaas. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: ricky ponting  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.