Parnell se IPL-miljoene dalk veilig

2010-03-25 09:59
Tweets Share Share line Print

Johann De Jager

Bloemfontein - Die beseerde Wayne Parnell behoort steeds ’n kitsmiljoenêr te wees, ofskoon hy nie ’n enkele aflewering in die Indiese Premierliga afgestuur het nie.

Dié Proteas-naatbouler van die Oos-Kaap het vandeesweek met ’n liesbesering teruggekeer van Indië waar hy nie in een krieketwedstryd vir die Delhi Daredevils gespeel het nie.

Die vraag is nou wat word van die miljoene waarvoor hy gekontrakteer is.

Parnell het gesê sy agent, Arthur Turner, behoort meer daaroor te weet. Hulle vergader vandag om die kwessie te bespreek.

Turner het by navraag gesê luidens die kontrak behoort Parnell uitbetaal te word, aangesien hy dáár beseer is.

Die 20-jarige Parnell was met die jaarlikse veiling in Januarie in Moembai een van net drie Suid-Afrikaners wat aangekoop is.

Die Deccan Chargers en Daredevils het mekaar gedurende die veiling om die hotklou se dienste opgekeil.

Die bod van meer as R4,5 miljoen is toe op die Daredevils toegeslaan, wat ook die derde hoogste bod op die veiling was.

Parnell is nou in ’n stryd gewikkel om betyds reg te wees vir die Twintig20-wêreldtoernooi in Mei op die Wes-Indiese Eilande.

Hy sal vanoggend ’n spesialis in die Baai besoek om meer duidelikheid omtrent sy regterlies te kry.

Hy is verlede Woensdag in Delhi voor die Daredevils se kragmeting met die Mumbai Indians beseer.

“Dit was met ’n veldwerkoefening voor die wedstryd. Ons moes balle vang.

“Ek het seergekry met my deurvolg toe ek die bal ingegooi het.

Parnell sê dit is baie seer en beslis geskeur.

Hy het nog nooit voorheen las van sy lies gehad nie.

Hy hoop nie ’n operasie is nodig nie.

Uiteraard is hy erg teleurgesteld oor die ontydige besering.

“Dit is maar deel van die lewe,” het hy gesê.

Hy was oorgehaal om sy stempel in die IPL-wedstryde af te druk.

Voor sy vertrek na Indië het hy in die eindstryd van die Standard Bank Pro20-reeks ’n goeie boulvertoning vir die Warriors teen die Lions gelewer.

Hy het toe besonder vinnig geboul. Dit sou interessant gewees het om te sien hoe hy in die IPL vaar.

Parnell sluit hom aan by sy nasionale kaptein, Graeme Smith, van die Rajasthan Royals wat vroeër met ’n vingerbesering teruggekeer het.

Die Proteas se breier, Corrie van Zyl, het gesê hulle is dadelik van Parnell se besering in kennis gestel en dat hulle ook deurentyd op hoogte van sake gehou is.

- Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.