Pakistanse paaltjiewagter van kontrak gestroop

2010-11-11 10:29
Tweets Share Share line Print

Doebai – Zulqarnain Haider, die Pakistanse paaltjiewagter wat uit vrees vir sy lewe na Londen gevlug het nadat hy geweier het om die uitslag van wedstryde in die kitsreeks teen Suid-Afrika te beknoei, is Woensdag deur sykrieketbase geskors en van sy kontrak gestroop.

Luidens ’n verklaring deur die Pakistanse krieketraad (PCB) het Haider “die bepalings en voorwaardes van sy kontrak verbreek” en is ’n komitee reeds op die been gebring om ondersoek in te stel na sy verdwyning uit die spanhotel en daaropvolgende knoei-bewerings.

Haider het Dinsdag sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Hy het aansoek gedoen om beskerming deur die Britse regering, nadat ’n onbekende man hom glo kort voor Vrydag se vierde wedstryd met die dood gedreig het, sou hy nie die uitslag van dié kragmeting en die beslissende een drie dae later help beknoei nie.

Hy het dié skok-onthulling Dinsdag aan ’n Pakistanse televisiekanaal gemaak, nadat hy Maandagoggend vroeg uit die span se hotel in dié stad gesluip het, sonder om sy spanbestuur te verwittig.

Hy het intussen ook gepleit vir die veiligheid van sy gesin in Lahore.

Luidens dié verklaring kon die PCB, ondanks verskeie pogings, steeds nie met Haider praat nie.

Sy kontrak beloop glo nagenoeg R4200 per maand.

Hy is glo aangesê om ’n prokureur aan te stel, maar hy kan dit glo nie bekostig nie, aangesien hy met net sy dagtoelae vir die reeks teen Suid-Afrika oor die weg moet kom.

Ifthikab Alam, die Pakistanse spanbestuurder by wie Haider sy paspoort die aand voor sy verdwyning aangevra het, het by navraag gesê hy is teleurgesteld dat hy nie die bestuur ingelig het nie.

“Ek kan nie raai wat in ’n speler se kop en hart aangaan nie en ons het geen idee gehad van wat hy beplan het nie,” het Inthikab aan die Khaleej Times gesê.

* Intussen het die Internasionale Krieketraad (IKR) by monde van sy uitvoerende hoof, mnr. Haroon Lorgat, aangedui dat Haider sy “volle ondersteuning” het.

Dít volg nadat Haider gister ook onthul het dat hy verlede jaar voor ’n plaaslike wedstryd tussen die Lahore Eagles en die National Bank of Pakistan, soortgelyke dreigemente ontvang het.

Dr. Mohammed Moosajee, die Suid-Afrikaanse spanbestuurder, het by navraag aan Sport24 gesê dat nog geen soortgelyke voorval in die Protea-kamp aangemeld is nie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.