Pakistan ontstig oor beweerde knoeiery

2009-10-07 10:22
Tweets Share Share line Print

Islamabad - Die Pakistanse krieketspan en sy bestuur is warm onder die kraag oor 'n politikus se bewerings dat dié span wedstryde in die Internasionale Krieketraad se Kampioenetrofee-reeks met opset verloor het.

Dié span het selfs ondersteuning van hul aartsvyand, Indië gekry.

Pakistan se afrigter, Intikhab Alam, het gesê hy is erg omgekrap deur dié "ontstellende bewerings".

Hy het ook gesê die voormalige Indiese toetskaptein Bishen Singh Bedi, het hom gebel om hom te ondersteun.

"Bedi het gesê, 'Jy het so baie vir die span gedoen en dit is teleurstellend as sulke ongegronde bewerings die lig sien'," het Alam gesê.

"Ek is diep seergemaak, dit is bitter teleurstellend," het Alam Woensdag aan die nuusagentskap AP gesê.

"Dié bewerings word sonder enige bewyse gemaak en dit is nie patrioties nie."

Jamshed Dasti, voorsitter van die staande komitee oor sport in die Pakistanse laerhuis, het vroeër vandeesweek beweer dat Pakistan teen Australië verloor het, om te verhoed dat Indië na die halfeindronde deurdring.

Pakistan het toe in die halfeinstryd teen Nieu-Seeland verloor.

Alam, die krieketspan se kaptein, Younis Khan, en die voorsitter van die Pakistanse Krieketraad, Ijaz Butt, voor is moet op 13 Oktober voor die sportkomitee verskyn om dié gerugte te verduidelik.

"Ek het nog nie 'n uitnodig na dié vergadering gekry nie, maar ek het nie 'n probleem om voor die komitee te verskyn nie," het Alam gesê.

Pakistan het die T20-Wêreldbeker in Junie onder leiding van Alam gewen en het deurgedring na die halfeindstryd van die Kampioenetrofee-reeks nadat hulle Indië en die Windies geklop het.

Hulle het toe twee agtereenvolgende wedstryde teen Australië en Nieu-Seeland verloor.

"Ons is die enigste span wat in die top vier in twee groot toernooie geëindig het. Dit is 'n groot prestasie. Ons het ons beste geweler in die wedstryde teen Nieu-Seeland en Australië," het Alam gesê.

Alam het gesê hoewel Suid-Afrika, Sri Lanka en Indië nie na die halfeindstryd deurgedring het nie, het nie een van dié lande die geloofwaardigheid van hul nasionale spanne bevraagteken nie.

"Al drie dié spanne was gunstelinge om die toernooi te wen, maar dit is net in Pakistan waar ons links en regs beskuldig word."

"Jy kan nie elke wedstryd wen nie, en ek dink ons het baie goed gespeel in die Kampioenetrofee-reeks," het hy gesê.

– Sapa-AP
 

Lees meer oor: skandale  |  krieket  |  pakistan

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.