Oud-Protea se skelmpie vertel als
2010-09-30 11:05
Johannesburg - Die omstrede Suid Afrikaanse snelbouler Andre Nel is weer in die kollig nadat sy Russiese minnares hul buite-egtelike verhouding op die lappe gebring het.
Die 33-jarige oud-Protea, wat op 20 September teruggekeer het na Suid-Afrika na hy vir ses maande krieket in Londen gespeel het, is uitgevang toe sy 34-jarige skelmpie agtergekom het hy is eintlik getroud.
Nel en sy vrou Deanne is reeds ses jaar getroud.
Die minnares, Jelena Kultiasova, het aan TimesLive gesê sy voel "seergemaak en mislei" nadat sy op die internet gelees het dat Nel getroud is.
"Hy het vir my gesê hy is al vir twee jaar enkellopend en dat sy vriendin hom verneuk het," het Kultiasova gesê.
Lees die volledige storie hier.
-Timeslive