Oram steeds op krukkelys
2012-02-21 12:05
Auckland – Nieu-Seeland se veelsydige speler Jacob Oram is weens 'n kuitbesering nie vir die eendagreeks teen die Proteas oorweeg nie.
"Hoewel die besering nie ernstig van aard is nie sal Jacob, weens die feit dat die wedstryde so kort op mekaar volg, nie vir die eendagreeks beskikbaar wees nie," het Nieu-Seeland krieket se fisioterapeut, Paul Close, Dinsdag in 'n verklaring gesê.
Die Kiwi's pak Suid-Afrika Woensdag in die beslissende blitswedstryd in Auckland waarna die eendagreeks van drie wedstryde Saterdag in Wellington afskop.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24