Onoorwonne Warriors sal Lions deeglik toets

2010-02-12 08:27
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Die nuwe besem in Lions-krieket vee toe wel skoon.

Met Thami Tsolekile (kaptein) aan die stuur in die plek van Neil McKenzie, het die Lions Woensdag hul eerste sege in die Pro20-krieketreeks behaal deur die Titans op SuperSportpark in Centurion hul eerste nederlaag toe te dien.

Die Lions het dié wedstryd met vier paaltjies gewen

Die Lions wil vanaand hier op die Wanderers teen die Warriors wys dit was nie bloot net ’n gelukskoot nie en dat die wenmomentum behoue kan bly.

Die Oos-Kapenaars is die enigste onoorwonne span in die reeks en nadat hulle ook onlangs gekroon is as die eendag-kampioene, ry Davey Jacobs-hulle op die kruin van die golf.

Een van die twee spanne gaan egter nie vanaand die vreugdevure laat brand nie.

Die Lions het ’n besielende vertoning teen die Titans gelewer.

Dit was veral Dane Vilas se blitsige 53 lopies van net 37 balle af en die vurige boulwerk van Ethan O’Reilly (3/27) wat uitgestaan het.

Die sterbelaaide Warriors sal ’n deeglike toets wees vir die Lions se nuutgevonde selfvertroue.

Nadat die Dolphins eergisteraand in Durban teen die Diamond Eagles die derde agtereenvolgende keer in dié reeks slae gekry het, lyk dit of dit neusie verby is vir ’n plek in die halfeindronde.

Die Eagles het die Dolphins met 13 lopies geklop om hul aanspraak te laat voortleef.

Met slegs vier ligapunte wat die Warriors (8) in die boonste plek van die Lions (4) in die tweede laaste plek skei, gaan dit ’n gespook afgee om plekke in die halfeindronde.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket  |  pro20-krieketreeks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

ardugpc sê... Regstelling, Woensdag was die tweede dag van toets/oefensessie. Wat ons ook nie moet vergeet nie is dat Rubens Barrichello verlede jaar 'n paar keer op no 1 plek gestaan het met die oefensessies, maar met nie veel sukses in die seisoen nie. 'n Mens kan 'n gevoel kry van hoe die karre se betroubaarheid is, maar hier word ongelukkig geen punte toegeken nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.