Nuwe leiers vir Engelse krieket
2011-05-05 15:25
Londen - Die kolwer Alastair Cook en snelbouler Stuart Broad is Donderdag onderskeidelik as die nuwe kapteins van Engeland se eendag- en t20-span aangekondig.
Andrew Strauss (34), wat sy uittrede uit eendagwedstryde aangekondig het, sal steeds die toetsspan lei wat beteken dat Engeland drie verskillende kapteins sal hê.
Cook (26), Strauss se aanvangsmaat in toetswedstryde, was nie deel van die span wat Engeland by vanjaar se Wêreldbeker verteenwoordig het nie.
Broad sal die veelsydige Paul Collingwood as twintig20-kaptein vervang.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24