Nóg reën, besering laat SL kopkrap

2011-12-12 10:36
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Reën het Sondag wéér die Sri Lankaanse krieketspan se voorbereiding vir vandeesweek se eerste toets teen Suid-Afrika in die wiele gery.

Die besoekers kon vir net meer as 50 boulbeurte kolf op die laaste dag van hul oefenwedstryd teen ’n nasionale uitnodigingspan op Willowmoorepark in Benoni.

Spel is kort voor 16:00 afgelas, met Tillakaratne Dilshan se span op ’n stewige 207/3 in 52.3 boulbeurte nadat hy vroeër die tuisspan se laaste vier eerstebeurt-paaltjies vir net 34 lopies platgetrek het.

Tharanga Paranavitana (100) se 22ste eersterangse honderdtal en ’n haastige 74 deur Dilshan sal die besoekers effens beter laat slaap voordat die eerste van drie toetswedstryde Donderdag in Centurion begin.

Dilshan het laasweek, kort ná die toerspan se aankoms in die land, onderstreep hoe belangrik dié kragmeting sou wees om die span se sukkelende kolwers weer op dreef te kry.

Dilshan-hullehetonlangs bloedneus gekry in die toetsreeks teen Pakistan nadat hulle vroeër vanjaar ook teen Engeland en Australië vasgeval het.

MahelaJayawardene,saam met Kumar Sangakkara die Sri Lankane se groot kolfhoop, is Sondag vir net 26 deur die veelsydige David Wiese (1/32) uitgehaal.

Vroeër het Farhaan Behardien, wat die Suid-Afrikaners se kolfbeurt op 323/6 saam met Wiese hervat het, die vyfde kolwer geword wat ’n vyftigtal in dié beurt aanteken.

Hy is egter kort daarna vir 52 deur Dilhara Fernando (4/76) skoongeboul.

Hardus Viljoen (0), Wiese (12) en Paul Harris (12) kon net ’n verdere 14 lopies byvoeg voordat húl beurte deur onderskeidelik Rangana Herath (3/58), Fernando en Ajantha Mendis (2/142) beëindig is.

Dié litte-losmaker kan die toerspan boonop duur te staan kom omdat Nuwan Pradeep die veld eergister met ’n dyspierbesering moes verlaat nadat hy net 10 aflewerings kon afstuur.

Dié 25-jarige snelbouler was ’n seker keuse om die boulwerk op SuperSportpark teen Suid-Afrika te begin nadat Suraj Lakmal kort voor die toer óók op die krukkelys beland het en Lasith Malinga onlangs sy uittrede uit toetskrieket aangekondig het.

Dit is nou onwaarskynlik dat Pradeep betyds sal herstel vir die Centurion-stryd.

Dit beteken dat die boul-las op Fernando selfs groter sal wees en dat die Sri Lankane straks genoop sal word om met albei draaiboulers – Herath én Mendis – te volhard.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.