Nog 3 glo vas oor ‘knoeiery’

2010-09-01 08:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Krieket se nuutste knoei-sage het Dinsdag verder uitgekring, toe nog drie mense in hegtenis geneem is in verband met die beweerde omkopery van spelers tydens die laaste toets tussen Pakistan en Engeland.

Vier ander vooraanstaande spelers het ook erken dat hulle onlangs deur ’n beroepswedder genader is.

Dis vermoedelik dieselfde man wat vroeër deur Scotland Yard aangekeer is weens beweerde ongerymdhede tydens dié wedstryd, wat die tuisspan Sondag met ’n beurt en 225 lopies gewen het.

Salman Butt, die Pakistanse kaptein, en twee van sy snelboulers, Mohammad Asif en Mohammad Amir, word sedert die naweek ondervra nadat News of the World bandopnames beskikbaar gestel het waarop ’n beroepswedder, Mazhar Majeed, spog dat hy Asif en Amir omgekoop het om opsetlik foutballe af te stuur.

Terwyl hul spanmaats in Taunton agter slot en grendel voorberei vir die eerste kitswedstryd teen die Engelse, sal dié drie vandag terugkeer na Londen.

Hulle sal met Paki­stanse krieketbase en lede van dié land se intelligensiediens vergader.

Britse doeane-beamptes het gister bevestig dat drie mense, twee mans en ’n vrou van Londen, aangekeer is “as deel van ’n ondersoek na geldwassery”.

Terselfdertyd het vier Australiese spelers – Shane Watson, Brad Haddin, Brett Lee en Mitchell Johnson – gister aan cricinfo.com onthul dat hulle tydens verlede jaar se toer na Engeland ook deur ’n beroepswedder, vermoedelik Majeed, genader is.

Dié spelers het die voorvalle by hul spanbestuurder, Steve Bernard, aangemeld, wat dit na die Internasionale Krieketraad (IKR) verwys het.

- Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van die IKR, het gister in ’n verklaring volgehou dat die kitswedstryde sal voortgaan – ondanks enorme druk om die res van die toer af te las.

“Die waardigheid van die spel is die heel belangrikste en ons sal nie enige korrupsie duld nie,” het hy gesê.

“Tog moet die feite eers vasgestel word met behulp van ’n deeglike ondersoek.

“Eers daarna kan die IKR toesien dat die gepaste straf uitgedeel word aan enige speler of spelers wat hulle aan knoeiery skuldig maak.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.


- Sapa - AFP

Lees meer oor: ikr  |  pakistan  |  wedstrydknoeiery  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.