Nieu-Seeland kolf eerste
2013-01-02 10:30
Kaapstad – Brendon McCullum, kaptein van Nieu-Seeland se krieketspan, het die loot gewen en besluit om te kolf teen die Proteas in die eerste toets op Nuweland.
Die Proteas het dieselfde span gekies wat die laaste toets teen Australië oortuigend met 309 lopies gewen het om die titel as die wêreld se voorste toetsspan te behou.
Dit is die eerste van twee toetse wat tussen die twee lande gespeel gaan word.
Die spanne lyk so:
Suid-Afrika:
Graeme Smith (kaptein), Alviro Petersen, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers, Faf du Plessis, Dean Elgar, Robin Peterson, Vernon Philander, Dale Steyn, Morne Morkel.
Nieu-Seeland:
Martin Guptill, Brendon McCullum (kaptein), Kane Williamson, Dean Brownlie, Daniel Flynn, BJ Watling, James Franklin, Doug Bracewell, Jeetan Patel, Trent Boult, Chris Martin.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA