NS-krieket vra Ross Taylor om verskoning
2012-12-12 09:59
Wellington – Die Nieu-Seelandse krieketraad het om verskoning gevra vir die manier waarop Ross Taylor se afdanking as kaptein van die nasionale span hanteer is.
Die raad se voorsitter, Chris Moller, het die verskoning Woensdag by 'n mediakonferensie in Wellington uitgereik.
Alhoewel Moller erken dat die kwessie beter hanteer kon word, het hy gesê die raad hou by sy besluit om Kevin Mcullum in Taylor se plek aan te stel.
Taylor het die Nieu-Seelandse krieketbase vroeër daarvan beskuldig dat gelieg het deur te sê dat hy gevra is om aan te bly as toetskaptein en beweer hy is in November, voor die eerste toets teen Sri Lanka, reeds ingelig dat hy sy kapteinskap kwyt is.
Hy het geweier om homself beskikbaar te stel vir Nieu-Seeland se toer na Suid-Afrika wat beteken dat die Kiwi's die wêreld se nr. 1-toetsspan sonder een van hul beste kolwers sal moet aanvat.
Lees die volledige artikel hier.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP