Moeë Siddle, Hilfenhaus rus vir laaste toets
2012-11-29 11:30
Perth, Australië – Die snelboulers Peter Siddle en Ben Hilfenhaus sal Australië se derde en beslissende toets in Perth teen die Proteas misloop.
Die snelkwartet Mitchell Johnson, Mitchell Starc, Josh Hazlewood en John Hastings is ingesluit in die span vir dié toets. Die veelsydige Shane Watson het van 'n kuitbesering herstel en is ook ingesluit in die span.
Die snelbouler James Pattinson sal die wedstryd weens 'n besering misloop, terwyl Siddle en Hilfenhaus 'n blaaskans neem nadat die toets in Adelaide onbeslis geëindig het.
Indien Johnson terugkeer, sal dit sy eerste toets wees sedert hy in November verlede jaar in Suid-Afrika 'n toonbesering opgedoen het.
Hastings en Hazlewood sal hul toetsdebuut maak indien hulle speel.
Die span is:
Michael Clarke (kaptein), David Warner, Ed Cowan, Shane Watson, Ricky Ponting, Mike Hussey, Matthew Wade, Mitchell Johnson, Mitchell Starc, Nathan Lyon, Josh Hazlewood, John Hastings.
– Volg Nuus24Sport op Twitter
- AFP