Minister gedreig om ‘uit krieket-ding te bly’

2011-10-18 10:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Fikile Mbalula, minister van sport, het dreigoproepe ontvang oor sy ingryping in Suid-Afrikaanse krieket se bonusskandaal.

Mbalula, wat die naweek aangekondig het dat ’n komitee aangestel gaan word om opnuut die bevindings van ’n forensiese ondersoek na Gerald Majola te bestudeer, het Maandag onthul dat hy deur “invloedryke mense” gedreig is om “uit die krieket-ding te bly”.

“Ek het oproepe ontvang van invloedryke mense wat sê: ‘Bly uit die krieket-ding uit en moenie betrokke raak nie. Los KSA (Krieket Suid-Afrika) uit.’

“Ek sal nie gedreig word nie. Ek was in die polisie en niemand kan aan my vat nie.”

Volgens Mbalula het hy besluit om toe te tree tot dié sage, wat KSA reeds sedert Augustus verlede jaar treiter, aangesien dié beheerliggaam “gewys het dat hy nie sy eie probleme kan oplos nie”.

Dít ondanks die feit dat dr. Mtutuzeli Nyoka die naweek die trekpas gekry het as KSA se president tydens ’n spesiale algemene jaarvergadering van sy ledeforum by die O.R. Tambo-lughawe.

Nyoka was die afgelope 16 maande in ’n smerige tweestryd met Majola gewikkel oor die betaling van R4,7 miljoen se ongemagtigde bonusse aan dié uitvoerende hoof en sowat 40 ander KSA-werknemers.

Die bonusse is nooit deur KSA se uitvoerende raad óf finansiële en besoldigingskomitee goedgekeur nie.

“Ons gaan ingryp, want net mooi niks is opgelos nie.

“Ons krieket is besig om agteruit te gaan, ons het nie borge nie, daar is geen idee van hoe om te werk te gaan nie en dit alles weens ’n raad wat onderling stry.”

Volgens hom sal ’n komitee, onder leiding van ’n oudregter, vandeesweek aangestel word en sal die ondersoek “hopelik voor Kersfees” afgehandel wees.

Die komitee sal ’n verslag bestudeer met die aanbevelings van adv. Azhar Bham SC, wat vroeër vanjaar aangestel is om te besluit oor optrede teen Majola nadat ’n twee maande lange forensiese ondersoek deur KPMG bevind het dat hy wel die Maatskappywet oortree het.

Majola is gevolglik net “ernstig berispe” deur KSA.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: ksa  |  fikile mbalula  |  gerald majola

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.