Micky Arthur aangewys as Aussie-breier
2011-11-22 07:05
Melbourne – Suid-Afrika se Mickey Arthur is Dinsdag as die hoofafrigter van Australië se nasionale krieketspan aangewys nadat Tim Nielsen twee maande gelede bedank het.
Die 43-jarige Arthur sal die eerste buitelandse hoofafrigter van dié krieketspan wees en sal op 1 Desember die leisels as afrigter vir die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland in Brisbane oorneem.
"Ek voel geëerd en bevoorreg om nog 'n kans te kry om 'n internasionale span, veral 'n span in die klas van Australië, af te rig," het die voormalige breier van die Proteas gesê.
Troy Cooley is aangewys as Australië se tussentydse afrigter nadat Nielsen bedank het.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AFP