Mickey 'sal Aussies uitstekend afrig'

2011-09-21 18:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Australiese kolf-ster Shaun Marsh het sy ondersteuning aan Mickey Arthur uitgespreek en gesê hy sal ‘n uitstekende werk doen as afrigter van die Australiese krieketspan, indien hy aansoek doen vir die pos.

Luidens die webwerf Sportal.com is Arthur, wat Westelike Australië op die oomblik afrig, een van die gunstelinge om die werk as afrigter van die nasionale span by Tim Nielsen oor te neem nadat dié besluit het om nie weer vir die pos aansoek te doen nie, ondanks sy rol in Australië se onlangse toetsreeks-oorwinning teen Sri Lanka.

Met Nielsen wat uittree voor volgende maand se toer na Suid-Afrika, is Arthur volgens beroepswedders die vierde gunsteling kandidaat om oor te neem, na Steve Rixon, voormalige afrigter van Nieu-Seeland, Justin Langer en Tom Moody.

Arthur was sedert verlede seisoen Marsh se afrigter by die Warriors ná ‘n morsige einde aan sy loopbaan as afrigter van Suid-Afrika vroeg in 2010, maar Marsh glo hy sal ‘n uitstekende werk vir Australië doen.

“Dit hang heeltemal van Mickey af,” het Marsh in Perth gesê ná sy terugkeer uit Sri Lanka, waar hy ‘n suksesvolle debuut vir die Australiese span beleef het.

“Hy het my beslis baie met my spel gehelp en ek is seker hy sal ‘n baie goeie werk doen.

“Hy het ‘n baie goeie krieketbrein. Jy kan die hele dag met hom sit en oor krieket praat.

“Hy kommunikeer baie goed met sy spelers... maar ek is seker sy hoof-prioriteit is op die oomblik by Westelike Australië se krieket. Hy wil hê ons moet baie goed vertoon hierdie somer.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter

- Sport24
 

Lees meer oor: shaun marsh  |  mickey arthur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.