Meer as R1,5 m. vir Philander aangebied

2012-02-04 07:15
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Herschelle Gibbs staan straks met Saterdag se veiling in Bangalore ’n kans om ’n bod op hom te verenig en weer in die Indiese Premierliga (IPL) krieket te speel.

Die 37-jarige Suid-Afrikaner, wat voorheen vir die Deccan Chargers gespeel het, se kolf was aan die brand vir die Perth Scorchers in die Big Bash-liga. Hy het die beste vertoon van al die oorsese spelers in dié afgelope Australiese blitsreeks.

Die minimum bod op Gibbs is boonop relatief min.

Dit beloop slegs R400 000, wat ook die intreebod vir die Suid-Afrikaanse snelbouler Marchant de Lange is.

Sy landgenote Vernon Philander en die voormalige Indiese Krieketliga-speler Nicky Bojé se laagste bod is heelwat meer, R1,6 miljoen.

Altesame 30 Suid-Afrikaners is van die hoopvolles op die lys wat op 30 Januarie aan die media beskikbaar gestel is. Philander, De Lange, Mark Boucher, Jacques Rudolph, Robin Peterson, Imran Tahir, Lonwabo Tsotsobe en Alviro Petersen is van spelers wat dié seisoen vir die Proteas in aksie was.

Uit Indië word berig 144 spelers van 11 lande is op vandag se vyfde veiling beskikbaar.

Die meeste van hulle gaan teleurgesteld wees.

Hoewel die franchises hul groepe van 30 tot 33 spelers mag uitbrei, is die verwagting dat sowat 20 tot 30 spelers uit die groot groep spelers bykomend gekontrakteer sal word, berig espncricinfo.com.

Die veelsydige Ravindra Jadeja van die Kochi Tuskers Kerala sal glo ’n gesogte kopie wees.

Die Kochi-span is deur die Indiese Krieketbeheerraad ontbind nadat ’n ooreenkoms verbreek is.

Die franchise se spelers is almal vir die veiling beskikbaar gestel.

Kochi se topkolwers verlede jaar, Mahela Jayawardena van Sri Lanka en die Kiwi Brendon McCullum, sal ook in aanvraag wees.

McCullum het in die heel eerste wedstryd van die eerste IPL – in 2008 – 158 onoorwonne lopies van 73 balle vir die Kolkata Knight Riders teen die Royal Challengers Bangalore gemoker. Sy intreebod is R3,2 miljoen.

Die Royal Challengers Bangalore kon hul mokerman Chris Gayle van die Windies teen $550 000 behou.

Dis R800 000 meer as wat hy hulle verlede jaar gekos het.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.