McLaren sal keurders se oë laat rek

2010-10-02 07:50
Tweets Share Share line Print

Kimberley - Ná twee dae was daar steeds nie ’n enkele kolwer met ’n honderdtal in die SuperSport-krieketreeks nie.

Die Warriors se Ashwell Prince (95*) kan op die derde dag teen die Titans vanoggend in Centurion die eerste wees.

Die Titans se Heino Kuhn is in dieselfde wedstryd gister op 94* gestrand gelaat, terwyl die Knights se kaptein, Morné van Wyk, op 97 hier deur die Dolphins uitgehaal is.

Op Randjesfontein het die Leeus se Vaughn van Jaarsveld (87) tot nou die beste met die kolf – teen die Cape­ Cobras – gevaar.

Die tuisspanne is steeds in beheer.

* Ryan McLaren het Vrydag hier op die Diamant-oval ’n opslagbal na die SA keurders afgestuur. Hy het sy 68 lopies in die Knights se eerste beurt van 407 teen die Dolphins met ’n uitstekende boulvertoning opgevolg.

Die Dolphins sal vanoggend op 143/5, ’n agterstand van nog 264, voortkolf nadat McLaren (3/59) vroeg toegeslaan het.

McLaren het met sy onlangse weglating uit die Protea-span gesê hy sal nie gaan lê nie. As hier ’n SA keurder was, sou sy selfoon lank teen sy oor gewees het toe McLaren Loots Bosman en die Amla-broers (nulletjies) op ’n streep storte toe gejaag het. Dit het in ses aflewerings gebeur.

Bosman (20) is met ’n droomaflewering geboul. ’n Inswaaier het die wegpen ontwortel.

Prince en Jon-Jon Smuts (78) was aan die spits van die Warriors se terug­vegpoging.

Die Titans is vroeër vir 318 uitgehaal in hul eerste beurt in antwoord op die skamele 89 van die Warriors op die eerste dag.

Die Warriors het met uitskeityd in hul 2de beurt 221/3 – ’n agterstand van 8 lopies – gehad.

Op Randjesfontein hervat die Lions sake op 409/8 in hul eerste beurt nadat die Cobras 197 in hul eerste beurt gekry het.

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lees meer oor: titans  |  krieket  |  warriors

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Boerperd sê... Riaan Jy kyk te veel Jerry Springer. Jy praat darem hopeloss te veel van "gays" en "traylor trash". As jy wil sleg se, vat jou pak as iemand jou aanvat. Of kry maniere mamparra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.