Mark steeds beste, sê Jet

2011-12-20 08:55
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg – Diegene wat reg gestaan het om Mark Boucher se begrafnisbrief in Suid-Afrikaanse krieket te skryf, moet maar eers eenkant toe staan.

“Daar is steeds geen paaltjiewagter in hierdie land wat naby aan Boucher kom nie – en met die energie en toewyding wat hy uitstraal, gaan hy nog lank die nommer een wees,” het Ray Jennings, sy mentor en eertydse paaltjiewagter en afrigter van die Suid-Afrikaanse span, gister vanuit Kaapstad gesê.

Boucher het in die afgelope eerste toets in Centurion teen Sri Lanka nóg ’n wêreldrekord agter sy naam geskryf. Hy het die eerste paaltjiewagter geword wat dit twee keer regkry om in dieselfde toets ’n 50-tal aan te teken en ses vangskote in ’n beurt te neem. Die eerste keer dat hy dit vermag het, was in 1997 in sy vierde toets – in Port Elizabeth teen Pakistan.

“Die rekords wat hy opstel sê nie vir my veel nie, want daar is soveel van hulle. Vir my is die uitstaande aspek dat hy steeds honger is vir sukses,” het Jennings, ook bekend as Jet, gesê.

“Soveel ouer spelers verloor daardie motivering en dryfkrag om nog die beste te wil wees, maar ek het ’n maand gelede met hom gewerk en hy het steeds daardie ywer en geesdrif, iets wat geen ander paaltjiewagter in die land hom kan nadoen nie.

“Daarom glo ek die Boucher-haters wat so graag van hom ontslae wil raak, moet nou van sy rug af klim. Geen ander paaltjiewagter in die land is naby aan sy vlak nie – en totdat daar iemand is wat eendag sy ywer aan die dag kan lê, is hy ’n vanselfsprekende keuse vir die span,” glo Jennings.

Hy meen ook die stelsel in Suid-Afrikaanse krieket maak Boucher senuagtig: “Hy is oor die hoof gesien vir die Wêreldbeker-toernooi en ek glo hy weet nie altyd waar hy staan nie. Daar word vanuit SA Krieket onnodige druk op hom geplaas omdat hy altyd moet voel hy het iets om te bewys.

“My groot taak toe ek onlangs met hom gewerk het, was om ‘in sy kop in te kom’ en hom te laat verstaan hy is steeds die beste ter wêreld. Hy moes op iemand kon steun wat verstaan wat hy doen en weet waaroor dit gaan.

“Al wanneer van Boucher ontslae geraak moet word, is wanneer iemand deurkom wat beter as hy is. Tot dan is hy verreweg die beste in die land en hoef daaroor nie eens ’n debat te wees nie. Ek skud net my kop omdat hy die een speler is wat hom altyd moet bewys. Hy is ongetwyfeld een van die waardevolste spelers in die span.”

Bobaas Boucher

Paaltjiewagters wat ’n 50-tal en 6 vangskote in ’n beurt in dieselfde toets behaal het:

Denis Lindsay (SA):
69 en 182; 6 en 2 gevang: t. Aus (Jhb, 1966-’67)
Mark Boucher (SA):
54 en 4; 6 en 2 gevang, 1 gestonk: t. Pak (PE, 1997)
MS Dhoni (Ind):
52 en 56*; 6 en 1 gevang: t. NS (Wellington, 2008-’09)
Matt Prior (Eng):
85; 6 en 1 gevang: t. Aus (Melbourne, 2010)
Mark Boucher (SA): 65; 2 en 6 gevang: t. SL (Centurion, 2011)

- Die Burger

Lees meer oor: ray jennings  |  mark boucher

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.