Majola onttrek van verhoor
2012-10-10 17:59
Kaapstad – Gerald Majola, geskorste hoof van Krieket Suid-Afrika, het hom van sy tugverhoor onttrek, het Pumezo David, sy prokureur, gesê.
"Hy het hom van die verhoor onttrek," het David Woensdag bevestig.
"Ons sal 'n geskrewe verklaring met meer besonderhede uitreik."
Adv. Karel Tip, voorsitter van die verhoor, het verlede week 'n spesiale versoek deur Majola verwerp.
Die verhoor, wat aanvanklik op 3 Oktober sou begin, is vertraag deur voorlopige verrigtinge en sou na verwagting Woensdag begin.
Majola is in Maart geskors ná 'n uitgerekte bonusskandaal ná die Indiese Premierliga-toernooi, wat in 2009 in Suid-Afrika gehou is.
– Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA