Majola nou in spervuur

2011-05-06 09:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die gety in Suid-Afrikaanse krieket het gedraai met die heraanstelling van Mtutuzeli Nyoka as president van Krieket Suid-Afrika (KSA), en nou is Gerald Majola vierkant in die spervuur.

Majola, die uitvoerende hoof van dié beheerliggaam, moet opnuut verduidelik waarom miljoene rande se bonusse aan hom en sowat 40 ander KSA-werknemers nie verklaar is nie én wat geword het van R84,6 miljoen wat glo uit KSA se geldkoffers verdwyn het.

Dít volg nadat die land se 11 uniepresidente Woensdagaand op ’n vergadering “eenparig” besluit het om nie appèl aan te teken nie teen ’n hofuitspraak vroeër waarin die ontslag as onregmatig bestempel is.

Nyoka en Majola was sedert verlede jaar haaks oor dié bonusse, wat spruit uit die aanbieding van die Indiese Premierliga en die Kampioenetrofee-toernooi in Suid-Afrika.

Nyoka het in Februarie die trekpas gekry toe nege van die einste presidente ’n mosie van wantroue teen hom ingestel het.

Hy het hom egter verlede maand tot die Johannesburgse hooggeregshof gewend, waarna KSA aangekondig dat dit dié beslissing sou teenstaan. Sport24 verneem dit was eerder Majola wat eergisteraand geroskam is deur KSA se ouditeurs.

Deloitte het verlede jaar ingestem om KSA se finansiële jaarverslag goed te keur, mits ’n onafhanklike ondersoek van stapel gestuur sou word. Majola-hulle het aanvanklik ingestem, maar kort daarna ontslae geraak van ’n ondersoekspan onder leiding van die voormalige hoofregter Pius Langa.

’n Interne komitee, met KSA se adjunkpresident, AK Khan, aan die spits, het Majola daarna van enige oortreding vrygespreek.

Hoewel Majola sy bonus, bykans R2 miljoen, aan KSA terugbetaal het, het Nyoka in die openbaar uitgevaar teen die besluit om weg te doen met die Langa-ondersoek.

Majola het selfs met regsoptrede gedreig nadat Nyoka hom onder meer ’n leuenaar genoem het in ’n radio-onderhoud en voorgeneem het om korrupsie binne KSA te ontbloot.

Nyoka is eergisteraand nie gevra om dié en ander aantygings te verduidelik, soos KSA aanvanklik geëis het, nie.

* Aan Sport24 is gesê die vonke het Woensdagaand “behoorlik gespat” toe ván die uniepresidente beswaar aangeteken het teen Nyoka as voorsitter van dié vergadering. Tog het hy én Majola by navraag gesê die strydbyl is begrawe.“Dis waar dat daar ernstige probleme was wat die land se krieket erg geskaad het,” het Nyo­ka gesê. “Die vergadering het egter in ’n baie goeie gees geskied. “Ek en Gerald het saam grootgeword en het dikwels al koppe gestamp, maar ons het vandag hande geskud in die belang van Suid-Afrikaanse krieket en ons respekteer mekaar.” Majola het volgehou dat hy Nyoka “onvoorwaardelik sal steun”.

* Intussen het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) Donderdag aangebied om die ondersoek te lei. Luidens ’n verklaring deur KSA sal ’n besluit hieroor eersdaags geneem word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

  

Lees meer oor: ksa  |  gerald majola  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.