Majola: Berigte oor swart breier is twak

2010-02-01 09:57
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Gerald Majola, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), het gister ’n berig afgelag dat van Mickey Arthur as afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan ontslae geraak is om die deur oop te kry sodat ’n swart afrigter aangestel kan word.

“Die redes dat Mickey nie meer ’n afrigter is nie, is in detail uitgespel op verlede week se mediakonferensie in Oos-Londen. Daar is niks verder daaromtrent nie en ook geen ander sinistere redes dat hy nie meer daar is nie. Ek het beslis ook niks om weg te steek in dié verband nie,” het Majola gesê.

“In hierdie stadium kan niemand sê wie die volgende afrigter gaan wees nie. Ons sal dit eers op 19 Februarie bespreek en dan besluit op die wyse waarop die nuwe afrigter aangestel sal word. Dit is nie net die aanstelling van die afrigter wat dan bespreek sal word nie, maar ook die nuwe struktuur wat vir Suid-Afrikaanse krieket beplan en die wyse waarop die nuwe keurkomitee saamgestel sal word.

“Enigiets wat nou oor enige van dié aangeleenthede gesê word, is pure bespiegeling en ek wil my nie eens daaroor uitlaat nie.”

Oor die bewering dat hy baie ongelukkig was dat Makhaya Ntini uit die span gelaat is vir die laaste twee toetse, sê Majola dit is onsin.

“Ek is dan die een wat my goedkeuring aan die span gee voordat dit aangekondig word. As ek nie tevrede was dat Makhaya nie daar was nie, sou ek dit mos nie toegelaat het dat hy nie gekies word nie.

“Waar ek wel my voet neergesit?(...) het, was met die insluiting van Imran Tahir in die groep vir die vierde toets op die Wanderers. Hy is skaars ’n dag nadat hy gekies is weer uit die groep gelaat, want ek was nie gediend daarmee dat hy gekies word terwyl hy nog nie verkiesbaar is en aan al die vereistes voldoen nie.”

Majola ontken ook ten sterkste dat die hulpafrigter Vincent Barnes eers genader is om die span na ­Indië te neem, maar dat hy die voorwaarde gestel het dat eers van Graeme Smith as kaptein ontslae geraak word en dat Jeremy Snape, die kopdokter, en Mark Boucher, senior speler, gepos word.

“Ek kan dit onomwonde stel dat net een mens genader is om die span in Mickey se plek Indië toe te vat en dit is Corrie van Zyl,” sê hy.

Wat Smith se beweerde oorheersende rol in Suid-Afrikaanse krieket betref, het Majola gesê: “Graeme het geen sê in wie uiteindelik speel nie. Ek weet dus nie waar kom dit vandaan dat hy so ’n magtige figuur is nie.”

Beeld

Lees meer oor: krieket

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.