Lasith spel gevaar vir SA

2012-01-10 10:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die besluit om die komende eendagkrieketreeks tussen Suid-Afrika en Sri Lanka hoofsaaklik in kleiner sentra te beslis, kan boemerang aangesien die toestande daar die besoekers, eerder as die tuisspan, gaan help.

Albie Morkel, die Proteas se veelsydige speler, het gister gesê hy dink dit kan veral in die wedstryde in die Paarl en Kimberley die geval wees.

Die reeks begin Woensdagmiddag op Bolandpark in die Paarl.

“Dié blaaie is gewoonlik stadiger met minder wip as in die res van die land en dit kan die gaping tussen die spanne kleiner maak.

Nie dat dit nie klaar ’n moeilike reeks vir ons sou gewees het nie. Sri Lanka het immers skaars 8 maande gelede in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi gespeel,” het Morkel verduidelik.

Die ander drie wedstryde word in Oos-Londen, Bloemfontein en Johannesburg gespeel.

Ook Oos-Londen is ’n veld wat vir sy dooie kolfblad berug is.

“Sri Lanka het ook twee baie gevaarlike aanvangskolwers en dit kan sukkel om hulle hok te slaan op ’n blad wat min hulp aan die boulers verleen,” het Morkel gesê.

Hy het natuurlik verwys ná die kaptein, Tillakaratne Dilshan, en sy aanvangsmaat, Upul Tharanga.

Morkel het ook gesê die Proteas se oorwinning met 2-1 in die toetsreeks gaan nie veel van ’n invloed op die eendagreeks hê nie.

“Ek glo die Sri Lankane is vol moed al het hulle die reeks verloor.

Hulle het beter gevaar as wat mense verwag het en die sege in Durban sou hulle baie selfvertroue gegee het.

“Dan moet daar ook nie vergeet word dat hulle verlede jaar in die Wêreldbeker-eindstryd gespeel het nie. Ek dink dit gaan ’n moeilike reeks wees.”

Morkel het 14 maande laas vir die Proteas gespeel en is terug in die nasionale groep nadat Dean Elgar met ’n kniebesering onttrek het.

Buiten kolwervriendelike blaaie, gaan die Proteas ook ’n plan moet maak om die Sri Lankaanse snelbouler Lasith Malinga hok te slaan.

Malinga speel nie meer toetskrieket nie, maar is een van die gevaarlikste boulers in die korter weergawes van die spel.

Veral sy vermoë om streepbal op streepbal met hope vaart te boul, maak hom uiters gevaarlik.

“Hy is ’n groot bedreiging met die nuwe en die ou bal.

Die reëls het egter vanjaar verander met ’n boulspan wat met ’n nuwe bal van albei kante moet boul (effektief gaan elke bal dus net 25 beurte oud raak).

“Dit gaan interessant wees om te sien hoe hy gaan aanpas, want hy is ’n meester daarmee om omgekeerde swaai met die ou bal te bewerkstellig,” het Morkel gesê.

– Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.