Krieketster vas na hy glo dronk bestuur
2010-04-03 16:03
Londen - Die Engelse krieketspeler Graeme Swann is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo dronk bestuur het, het sy klub Nottinghamshire Saterdag gesê.
Swann (31), wat die derde beste bouler ter wêreld is, het verlede maand 16 paaltjies in Bangladesj platgetrek.
Die klub het in 'n verklaring gesê hulle gaan nie verder kommentaar lewer nie.
– iol