Krieketspeler se aansoek om asiel ondersoek
2010-12-24 15:38
Islamabad - 'n Komitee van die Pakistanse krieketraad (PCB) is ingelig dat die paaltjiewagter Zulqarnain Haider, wat asiel in Engeland soek, 'n ingewikkelde persoonlikheid het en aan 'swak senuwees' lei.
Haider het in November uit Pakistan, wat toe in 'n toetsreeks teen die Proteas gespeel het, se spanhotel in Doebai verdwyn en na Londen gevlug.
Daar het hy om asiel aansoek gedoen omdat hy glo doodsdreigemente ontvang het nadat hy geweier het om wedstryde te knoei.
Die komitee, wat uit drie lede bestaan, het aanbeveel dat die PCB meer inligting van Haider kry, omdat dit onduidelik is hoekom die paaltjiewagter die span verlaat en Engeland toe gevlug het.
Spanmaats en -bestuur, wat deur die komitee ondervra is, het Haider as 'n persoon "wat maklik oortuig kan word met enige iets wat aan hom vertel word, beskryf.
Bly op hoogte van die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA