Krieketskrywer 'het selfmoord gepleeg'
2011-11-13 13:49
Johannesburg – Die bekende krieketskrywer Peter Roebuck het in sy hotelkamer in Nuweland in Kaapstad selfmoord gepleeg, het die Suid-Afrikaanse polisie Sondag aan AFP bevestig.
Kapt. Frederik van Wyk, woordvoerder vir die SAPD in die Wes-Kaap, het bevestig dat die skrywer sy eie lewe geneem het.
"Ek kan bevestig dat die voorval Saterdag om 21:15 plaasgevind het," het Van Wyk gesê.
Sydney Morning Herald berig “die polisie het vroeër die dag [Saterdag] met hom gepraat.” Luidens die Australian Broadcasting Corporation (ABC) was hy glo in ‘n onrustige bui.
Van Wyk wou nie kommentaar hieroor lewer nie.
Die Britsgebore Roebuck (55) was in Suid-Afrika om Australië se toetsreeks met die Proteas te dek.
Roebuck het self eers krieket gespeel voordat hy oor die sport begin skryf het. Hy het dikwels krieket vir die ABC gedek en vir Australië se Fairfax-koerante geskryf.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- AFP