Krieketraad wil saam met Interpol korrupsie beveg
2011-09-30 11:08
Kaapstad – Die Internasionale krieketraad (IKR) voer samesprekings met die internasionale polisie-agentskap, Interpol, oor 'n amptelike samewerkingsooreenkoms om korrupsie in die sport uit te roei, het RSG Vrydag berig.
Interpol het krieket se beheerliggaam genader ná drie Pakistanse spelers vir vyf jaar geskors is omdat hulle by wedstrydknoeiery betrek is.
Die voorsitter van die IKR se teenkorrupsie en sekuriteit-eenheid, Ronnie Flanagan, sê hy wil samewerking met misdaadbestrydingsagentskappe wêreldwyd verbeter.
Hy sê dit is 'n poging om te keer dat korrupsie die integriteit van krieket bedreig.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG