Krieketbaas: Majola het gelieg oor bonusse

2011-01-20 09:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Krieket Suid-Afrika se president, Mtutuzeli Nyoka, het die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Gerald Majola, op die John Robbie se Radio702-ontbytprogram daarvan beskuldig dat hy oor bonusse gelieg het.

"Dr. Nyoka het gesê Gerald Majola het gelieg oor die kwessie van die Indiese Premierliga-bonusse wat aan amptenare van KSA betaal is," het Robbie op sy Twitter-profiel getweet, nadat hy Donderdagoggend 'n radio-onderhoud met Nyoka gevoer het.

Nyoka het oor die sogenaamde KSA-bonusskandaal gepraat nadat hy glo gevra is om uit sy pos te bedank.

Sport24 het in Augustus berig dat Majola en meer as 40 ander werknemers altesaam R4,7miljoen se “ongemagtigde bonusse” ontvang het vir die aanbieding van verlede jaar se Indiese Premierliga en die Kampioenetrofee-reeks.

Dié geld is nooit aan KSA se uitvoerende raad óf finansiële en besoldigingskomitee verklaar nie. Daarna is ’n komitee onder leiding van die voormalige hoofregter Pius Langa op die been gebring om hierdie en ook ander bewerings van geldelike wanbestuur te ondersoek.

Majola is na 'n interne ondersoek onskuldig bevind van enige ongerymdhede.

Robbie het verder getweet: "Dr Nyoka het gesê dat daar aan hom gesê is dat niemand ooit betaal is nie. Hy sê verder KSA sal nooit die waarheid kan begrawe nie."

Die krieketpresidente, wat vroeër erg verdeeld was in hul steun vir Nyoka en Majola, het die afgelope week “albei se kant van dié saak aangehoor” en besluit Nyoka se kop moet rol.

Na wat verneem word sal die adjunk-president A.K Khan as president waarneem tot KSA se volgende algemene jaarvergadering.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.