Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Krieket se grootbase kry R45 miljoen

2011-12-04 10:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sowat R45 miljoen is verlede jaar net aan salarisse vir die grootbase van Krieket Suid-Afrika (KSA), insluitend Gerald Majola, uitvoerende hoof, betaal.

Dit sluit nie bonusse in nie, soos die onverklaarde R1,75 miljoen wat Majola glo aan homself toegeken het vir die aanbied van die Indiese Premierliga-toernooi in Suid-Afrika in 2009.

Dié bonusse vir KSA-werknemers, wat altesame sowat R4,5 miljoen beloop, word nou deur ’n kommissie van ondersoek na die geld­sake van KSA ondersoek.

Dié kommissie, wat op Loftus Versfeld in Pretoria vergader, het die afgelope week gehoor Majola het aan alle KSA-hoofkantoor-werknemers, insluitend skoonmakers, bonusse van tussen R5 000 en R10 000 uitgedeel ná die IPL-toernooi.

Die kommissie, onder leiding van regter Chris Nicholson, is deur die regering aangestel nadat in ’n KPMG-verslag aanbeveel is dat KSA se vergoedings-en-reistoelae-beleid hersien word. In dié verslag, waarop KSA sowat R6 miljoen uitgegee het, is bevind die Majola-bonusse is nooit verklaar nie en dat Majola die Maatskappyewet glo verskeie kere oortree het.

Dr. Mtutuzeli Nyoka, geskorste president van KSA, het vroeër voor die kommissie getuig hy het ook ’n reistoelaag van R1 miljoen vir Majola goedgekeur.

Majola sal na verwagting Woensdag voor die kommissie getuig.

Talle hooggeplaastes in KSA, onder wie die waarnemende president, A.K. Khan, het die afgelope week getuig Majola het nie bedoel om die bonusse op ’n korrupte manier te verdoesel nie, hy het dit net nie verklaar nie.

Khan meen Majola is “goed vir die transformasie van krieket in Suid-Afrika, al verstaan hy nie die Maatskappyewet óf die funksies van ’n uitvoerende hoof nie”.

KSA het verlede jaar ’n omset van meer as R700 miljoen gehad.

Don McIntosh, oudbedryfshoof van KSA wat self ’n bonus van R799 999 gekry het, het Donderdag getuig te veel vingers wys nou na Majola.

Volgens McIntosh is dit egter nie net Majola wat ruim deur KSA vergoed is nie, maar ook die grootbase van al die provinsiale krieketunies.

“Hul salarisse wissel tussen R500 000 en R1,5 miljoen per jaar. Majola het sowat R155 000 per maand verdien.”

KSA se laaste jaarverslag dui egter daarop dat Majola verlede jaar R5,3 miljoen net aan salarisse verdien het.

“Ek weet egter van hoofde van klein unies, soos byvoorbeeld Grens, wat pakkette van sowat R2 miljoen per jaar verdien het.

“As mens alle voordele van unies se grootbase bymekaar tel, verdien hulle nie veel minder as Majola nie,” het McIntosh gesê.

Dié grootbase, wat nog direkteure van KSA is, word verder ook nog sowat R2 500 betaal vir elke vergadering wat hulle bywoon.

Nicholson wou by McIntosh weet of dié soort vergoeding redelik is vir iemand wat vir ’n artikel 21-maatskappy soos KSA werk “waarvan die meeste geld eintlik vir die ontwikkeling van krieket moet gaan”.

McIntosh het geantwoord: “Ons (KSA) het ’n omset van R600 miljoen gehad. Hiervan is R22 miljoen gebruik net vir die salarisse van KSA-personeel by hoofkantoor.

“Nog R22 miljoen tot R23 miljoen was vir salarisse van provinsiale personeel.”

Volgens hom maak dié salarisse eintlik maar net sowat 5% van KSA se omset uit.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.