Krieket opnuut in chaos

2010-11-09 08:52
Tweets Share Share line Print

DOEBAI. – Die geheimsinnige verdwyning van een van Pakistan se voorste spelers het wêreldkrieket Maandag opnuut in ’n chaos gedompel en ook ’n skadu gewerp oor dié span se toetsreeks teen Suid-Afrika.

Zulqarnain Haider het verdwyn nadat hy enkele ure voor die bepalende eendagwedstryd teen die Proteas na Londen gevlug het.

Dié 24-jarige paaltjiewagter het glo doodsdreigemente, vermoedelik van ’n beroepswedder, gekry nadat hy sy span Vrydagaand tot ’n onwaarskynlike sege gelei het in die vierde kragmeting.

Haider het die wenlopies aangeteken van die voorlaaste aflewering van die Pakistanse kolfbeurt om die reeks 2-2 gelykop te maak, nadat die tuisspan vroeër in die pekel was en beroepswedders hom geen kans gegun het om te wen nie.

Die Pakistanse Krieketraad (PCB) het by navraag bevestig dat Haider as vermis aangegee is. Reuters het egter teen druktyd berig dat Haider gistermiddag in Londen aangekom het. Dit is na berig word deur televisiebeeldmateriaal bevestig.

“Zulqarnain het die spanhotel vanoggend vroeg (gisteroggend) verlaat sonder om enige van die bestuurslede daarvan in te lig,” het Nadeem Sarwar, ’n woordvoerder van die PCB, gesê.

“Hy was in besit van sy paspoort, wat hy die vorige aand by ’n bestuurslid vir persoonlike gebruik aangevra het.”

Volgens Sarwar het Haider gistermiddag laat op ’n Emirates-vlug in Londen aangekom, ondanks vroeëre gerugte dat hy op die Doebai-lughawe aangekeer is voordat hy dié vlug kon haal.

“Die PCB het dadelik die Doebaise owerheid, asook die Internasionale Krieketraad (IKR) se teenkorrupsie-eenheid, van sy verdwyning ingelig en ons het reeds ’n volskaalse ondersoek gelas.”

Haider het omstreeks 06:30 (Suid-Afrikaanse tyd) op sy Facebook-bladsy geskryf dat hy dié span “verlaat” nadat hy skynbaar gedreig is om ’n wedstryd te “verloor”.

“leaving Pakistan cricket because get bad msg fr 1 man fr lose the match in last game,” het Haider geskryf – rofweg op dieselfde tyd as toe hy vir die laaste keer deur lede van die Proteas in die ingangsportaal van die Grand Hyatt-hotel gewaar is “met al sy tasse gepak”.

Mnr. Raza Haider het aan cricinfo.com bevestig dat sy broer ’n dreigement ontvang het. “Ek het met hom gepraat ná die (vierde) wedstryd en hy het gesê dat hy een of ander dreigement ontvang het, maar hy wou nie uitwei nie,” het Raza gesê.

Sr.supt. Rana Faisal, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het aan dié webwerf gesê ’n dosyn gewapende polisiebeamptes is reeds by die Haider-gesin se woning in Lahore ontplooi, nadat hy glo aangedring het op die beveiliging van sy gesin.

Sami-ul-Hasan, IKR-woordvoerder, het by navraag geweier om kommentaar te lewer.

Ingeligtes het gister aan Volksblad gesê die Verenigde Koninkryk is die enigste plek waarvoor Haider ’n geldige visum het nadat dié span voorverlede maand in Engeland getoer het.

Drie Pakistanse spelers – Salman Butt, Mohammad Asif en Mohammad Amir – is kort daarna geskors weens hul beweerde betrokkenheid by wedstrydknoeiery tydens die toetsreeks teen die tuisspan.

Haider se vlugtog kom enkele dae nadat hy en twee spanmaats met sowat R900 elk beboet is omdat hulle die span se klokreël verontagsaam het.

Die PCB het eergister boonop geweier om Danish Kaneria, dié land se voorste draaibouler, verkiesbaar te stel vir die toetsreeks teen die Proteas nadat hy vroeër vanjaar deur Scotland Yard ondervra is oor knoeiery tydens ’n wedstryd in die Engelse graafskapliga.

Die eerste van twee toetse begin Vrydag hier.

Gerald Majola, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), het gesê die Proteas se deelname aan die toetsreeks hang van die IKR af.

“Ons sal speel as die IKR meen die reeks moet voortgaan,” het Majola aan Johann de Jager gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.