Kragspel hou WB-sleutel

2010-03-01 09:28
Tweets Share Share line Print

Jacques Kallis (hooffoto) word deur AB de Villiers omhels nadat die SA kaptein sy honderdtal in die derde eendagwedstryd teen Indië behaal het. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ahmedabad - Die deurslaggewende rol wat die kragspel in volgende jaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi gaan speel, is een van die lesse wat die Proteas in die verkorte eendagreeks in Indië geleer het.

Kallis, waarnemende kaptein, het Saterdagaand hier gepraat nadat sy Suid-Afrikaanse span die laaste wedstryd van die kitsreeks met 90 lopies gewen het.

Die grondslag vir dié klinkende oorwinning is gelê deur ’n fantastiese vennootskap van 173 lopies van 103 balle tussen Kallis en AB de Villiers. Hulle het gewys hoe belangrik veral die derde kragspel is.

Die Proteas het 44 lopies in die 41ste tot die 45ste boulbeurte geslaan.

Maar dié twee ster-kolwers het momentum van dié kragspel gebruik en het daarna eers versnel deur 78 lopies in die laaste vyf beurte te moker om die Proteas tot ’n indrukwekkende 365/2 te voer.

“Ek dink die derde kragspel (kolwers se een) gaan van kardinale belang in die Wêreldbeker-toernooi wees. Ons sal moet seker maak dat ons die regte planne het en dit dan deurvoer. Die ouens (in die span) het hard daaraan gewerk en het beslis verbeter. Dis een van die positiewe dinge wat ons uit dié reeks kan neem,” meen Kallis.

Die Proteas het die reeks met 1-2 verloor nadat hulle in Jaipur en Gwalior vasgeval het.

Kallis, wat ingestaan het as kaptein vir die beseerde Graeme Smith, glo die boulers het die toer ook geweldig leersaam gevind.

“Van die jonger boulers het nie veel ervaring van die subkontinent nie, veral nie op internasionale vlak nie. Wat hulle hier geleer het, gaan hulle net in die toekoms help.”

In die derde wedstryd het ál Suid-Afrika se top-kolwers die eerste keer tot hul reg gekom.

Corrie van Zyl, die Proteas se nuwe breier, het verlede week heeltyd gepraat oor hoe belangrik vennootskappe op die subkontinent se mak kolfblaaie is.

Hashim Amla en Loots Bosman het met ’n vennootskap van 113 lopies afgesit voor Amla en Kallis 79 lopies om die tweede paaltjie aangeteken het. Dít is gevolg deur die onoorwonne vennootskap tussen De Villiers (102*) en Kallis (104*).

“Dit het beslis gehelp dat ons ’n goeie begin gehad het,” het Kallis gesê.

“Die ouens bo-aan die kolflys verdien krediet.

“Hul goeie kolfwerk het die lewe baie makliker gemaak vir die res van ons.”

Hoewel die Proteas in hul noppies was met die vertoning en dié sege, moet in gedagte gehou word dat Indië met ’n amperse B-span gespeel het.

Mahendra Singh Dhoni was so te sê die enigste ervare lid van die tuisspan en die Indiërs het steeds amper 300 teen die Proteas­ gemoker.

Daar wag dus nog baie werk voordat die Proteas hulle as aanspraakmakers op Wêreldbeker-glorie kan beskou.

- Sport24
 

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.