Kolfpeil sal Corrie verbly

2010-02-01 11:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Ondanks die struwelinge en omstredenheid wat Suid-Afrikaanse krieket die afgelope week gekenmerk het, het die Proteas in Indië geland met ’n kern van spelers wat uitstekend op dreef is.

Hoewel die spelpeil van spelers in die plaaslike MTN40-reeks nie noodwendig welslae in toetse in Indiese toestande waarborg nie, sal die feit dat ’n groot gros van die span vol selfvertroue voor die eerste toets is, ’n riem onder die hart vir die waarnemende breier, Corrie van Zyl, wees.

Van Zyl is die instaan-afrigter vir die na­sionale span nadat Mickey Arthur vroeg verlede week bedank het. Sedertdien was daar heelwat gissings oor die ware redes daarvoor. En dít alles kan die Suid-Afrikaners se fokus in die komende maand belemmer.

Die Proteas kry egter van môre af in Nagpur kans om hul uitsluitlik by krieketsake te bepaal, wanneer hulle in ’n oefenwedstryd teen ’n Indiese Raads­elftal te staan kom.

Die eerste toets begin Saterdag in dieselfde stad.

Veral Ashwell Prince en Jacques Kallis het in die onlangse MTN40-uitklopwedstryde uitgeblink, terwyl die jong swaaibouler Wayne Parnell ook een van die Warriors se groot helde was in hul opmars na ’n eerste trofee as ’n streekspan.

JP Duminy en AB de Villiers het ook goed vir hul onderskeie streekspanne (Cape Cobras en die Titans), vertoon wat aan die verloorkant in die halfeindronde was.

Die beste nuus van die afgelope twee weke is egter Prince se spelpeil. Die Proteas se aanvangskolwer het ’n nagmerrie-reeks teen Engeland beleef en het slegs 97 lopies in sewe kolfbeurte bymekaargeskraap.

Prince het egter 48 teen die Cobras in die halfeind en ’n asemrowende 128 in die eindstryd teen die Dolphins gemoker. Die gehalte van die boulwerk was natuurlik nie so goed soos in die toetse teen Engeland nie, maar dit was steeds goed om te sien dat hy sy selfvertroue herwin het.

Sy voetwerk was nie so tentatief soos in die onlangse toetsreeks nie, terwyl sy tydsberekening ook uit die boonste rakke was.

Kallis was die speler wat in die wedstryde teen die Cobras én die Titans (87*) seker gemaak het dat die Warriors se teiken vir hul teenstanders voldoende was.

Dié veelsydige ster was ook een van die groot uitblinkers in die reeks teen Engeland met twee honderdtalle en ’n 50-tal. Hy sal weer, soos in elke reeks die afgelope dekade, die groot steunpilaar van die Suid-Afrikaanse kolflys wees.

Die kolflys sal die oefenwedstryd teen die Raadselftal met vertroue aandurf, maar die boulers sal ook dadelik wil voortbou op hul spelpeil in die laaste toets teen Engeland.

Morné Morkel en Dale Steyn het saam 14 paaltjies in dié toets geneem.

Met Parnell wat ook weer op sy beste is nadat hy vroeër in die seisoen vir die Warriors gesukkel het, is die enigste vraag of die draaibouler Paul Harris sy spelpeil van die laaste paar jaar kan herwin.

Hy het gesukkel in die reeks teen Engeland en is vir die laaste toets op die Wanderers in Johannesburg weggelaat.

As die Proteas die reeks in Indië wil wen, sal Harris ’n beduidende rol moet speel.

- Beeld
 

Lees meer oor: krieket  |  sa in indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.