Knoeieryskandaal: IKR wag vir polisieverslag
2010-08-30 14:11
Nieu Delhi – Sharad Pawar, president van die Internasionale Krieketraad (IKR), het Maandag gesê dat daar geen stappe teen die Pakistanse spelers oor beweerde knoeiery geneem sal word voordat ondersoeke klaar is nie.
“Ons het dit met die IKR bespreek en besluit om vir die polisieverslag te wag,” het Pawar, ‘n senior Indiese kabinetminister, aan verslaggewers vertel.
Nadat die IKR die verslag gekry het, moet die opinie van die Pakistanse Krieketraad en die krieketraad van Engeland en Wallis aangehoor word.
Volgens Pawar is die bewerings van wedstrydknoeiery “ernstig.”
“Ek is absoluut seker dat beide rade dit nooit sal aanmoedig om enigiemand te beskerm wat iets verkeerd gedoen het nie,” het hy gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- AFP