Knoeiery: drie se toer verby?

2010-09-02 09:46
Tweets Share Share line Print

Taunton, Engeland – Drie Pakistanse krieketspelers wat betrokke is by bewerings van weddenskap-knoeiery is Woensdag Londen toe vir ondervraging en dit lyk of hul Engelse toer verby is.

Die kaptein, Salman Butt, asook die boulers Mohammad Aamir en Mohammad Asif, sal vandag se wedstryd teen Somerset misloop.

Hulle is vergesel deur die span se veiligheidshoof, majoor Khawaja Najam, asook private veiligheidspersoneel en polisiebeamptes.

Butt het net sy kop geskud toe hy deur verslaggewers gevra is of hy skuldig is.

Die drietal sal vandag deur die voorsitter van Pakistan se Krieketraad (PCB), Ijaz Butt, asook Wajid Shamsul Hasan, Pakistan se hoë kommissaris in Londen, ondervra word.

Dit lyk al meer of nie een van hulle weer op die toer in aksie gesien sal word terwyl die ondersoek voortduur nie.

Naas vandag se opwarmwedstryd teen Somerset, speel Pakistan ook twee twintig20-wedstryde teen Engeland en vyf eendagstryde.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het belowe daar sal vinnig en daadwerklik opgetree word as die bewerings van knoeiery bewys kan word.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van die IKR, sê hy hoop daar sal binne die volgende paar dae “’n soort van ’n uitslag kan wees”.

Volgens Angus Porter, die uitvoerende hoof van die Spelersvereniging, is Engeland se spelers nie juis genoeë om teen Pakistan uit te stap as die drietal in die span is.

“Die Engelse spelers besef dit is belangrik vir die wedstryde om voort te gaan en hulle sal professioneel optree, maar hulle sal dit moeilik vind om teen die spelers te speel wat direk betrokke is by die knoeiery-bewerings.”

Die IKR se anti-korrupsie eenheid het Asif se voormalige vriendin, die aktrise Veena Malik, beveel om getuienis te lewer in die ondersoek.

Sy het in ’n onderhoud gesê ’n Indiese man het Asif gereeld op sy selfoon gebel, wat haar laat wonder het of hy nie betrokke is by wedstryd-knoeiery nie.

Bangladesj se Shakib Al Hasan en Tamim Iqbal het onthul hulle is ook in Januarie tydens die tuisreeks teen Indië deur wedders genader.

Die IKR se anti-korrupsie eenheid is dadelik daarvan in kennis gestel.

Shakib sê dit was nie die enigste keer dat hy genader is nie. In 2008 is hy ook glo deur ’n wedder genader wat egter nooit direk gesê het hy moet ’n wedstryd knoei nie, maar dat hy glo ’n borg van hom (Shakib) wil wees.

“Ek het egter uit die manier waarop hy gepraat het, afgelei hy wil dalk hê ek moet iets doen en ek het dit aangemeld,” het Shakib gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: pakistan  |  wedstrydknoeiery  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.