Knights móét wen...

2012-02-02 09:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein.–  Die Knights sal die Proteas-voorslagbouler Vernon Philander op sy gunsteling-jagveld te bowe moet kom om in die SuperSport-krieketreeks se wedloop te bly.

Philander en JP Duminy is ingesluit in die Cape Cobras-span wat van Donderdag af op Nuweland gasheer vir die Knights in die seisoen se voorlaaste wedstryd is.

Philander het veral die Aussies kis geboul en toe 19 paaltjies in die twee toetse die seisoen op Nuweland teen Australië en Sri Lanka ingeoes.

Hy kan die Knights laat bonstaan as hy die bal met dieselfde bestendigheid op die regte plek kan hou.

Philander het 14 paaltjies in sy drie SuperSport-wedstryde die seisoen laat kantel.

Die Knights, met 89.60 punte, móét die wedstryd volgens hul breier Sarel Cilliers wen as hulle in die prentjie wil bly.

Die Knights groep is: Michael Erlank, Reeza Hendricks, Rilee Rossouw, Boeta Dippenaar, Morné van Wyk (k), Werner Coetsee, Ryan McLaren, Aubrey Swanepoel, Johan van der Wath, Quinton Friend, Malusi Siboto, Wiann van Zyl.

Altus Momberg berig die weergode kan ’n reuse-guns aan die Cobras bewys wanneer hulle probeer om die reeks vir die derde agtereenvolgende seisoen te wen.

Die voorlaaste ronde van wedstryde word die week gespeel met die Titans (102.82 punte) en die Cobras (101.42) wat in mekaar se nekke blaas bo-aan die puntelys.

Die Titans het verlede naweek met hul oorwinning in die Paarl die voortou geneem.

Swaar reën word vir die volgende drie dae vir Oos-Londen voorspel waar die Titans en die Warriors kragte sal meet.

As daar nie genoeg speeltyd gaan wees om ’n uitslag af te dwing nie, kan die Cobras weer die voortou neem mits hulle die Knights op Nuweland kan pak gee.

Die terugkeer van Duminy skep ook ’n kopsorg vir die keurders.

Richard Levi het verlede week in Duminy se plek teen die Titans gespeel en hy was een van net drie Cobras-kolwers wat ’n vyftigtal in die Paarl kon moker.

Die Cobras het in die laaste klompie wedstryde kwaai gesukkel in die afwesigheid van Philander en die beseerde Rory Kleinveldt. Philander se vermoë met die bal sal die Kapenaars egter baie meer vertroue gee.

Die Titans sal op Buffalopark in Oos-Londen waarskynlik meer oor die moontlike reën as die Warriors bekommerd wees, skryf Henk Steenkamp.

Die Warriors is verlede naweek deur die Dolphins verniel.

Dit lyk dus nie of die Oos-Kapenaars veel teenstand sal bied nie, maar die reën kan die Titans se planne in die wiele ry.

Die Titans behoort te veel skietgoed te hê met die nasionale spelers Jacques Rudolph, Faf du Plessis en Marchant de Lange in hul geledere.

Die kolwer David White maak sy buiging vir die Warriors.

Die Lions en die Dolphins speel die naweek se derde wedstryd op Kingsmead in Durban.

Hashim Amla is terug in die tuig vir die Dolphins, wat hul beleërde kolflys ’n hupstoot behoort te gee.

Vir die die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.