Knights ‘het nie met bal gepeuter’

2012-01-13 08:45
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Australiese vervaardiger van die krieketbal waaroor vroeër in ’n SuperSport-wedstryd ’n bohaai gemaak is, kon geen beduidende fout daarmee vind nie.

Die skeidsregters het sake deuren­tyd in Kimberley gemonitor nadat die Knights vroeg al oor die gehalte van die bal in die kragmeting met die Warriors gekla het.

Die Knights se aanvangsbouler, Johan van der Wath, het selfs onderneem om ’n kort aflewering te boul sodat Colin Ingram die bal net moet wegslaan.

Later, toe 5 van die Warriors-kolwers met 30 aflewerings in hul eerste beurt uitgehaal is, is beweringe van balpeutery gemaak.

Rian Cloete, ’n lid van Krieket Suid-Afrika se regskomitee, kon soos die skeidsregters, geen bewyse vind dat daar wel met die bal gepeuter is nie.

Omdat die gehalte daarvan ter sprake was, het hy aanbeveel dat die bal weggestuur word vir toetse by ’n onafhanklike liggaam soos die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).

Die WNNR kon nie die verlangde toetse doen nie.

Die betrokke bal waarmee 61.2 boulbeurte afgestuur is, is toe weggestuur na die vervaardiger, Kookaburra in Australië.

’n Bal waarmee die Warriors 82 boulbeurte geboul het, is ook saam.

Kookaburra sê in sy verklaring Noel Miller het wip- en hardheidtoetse met die balle gedoen.

Volgens dié toetse is die verwagte afname in wip en hardheid wat bespeur was, steeds van ’n aanvaarbare vlak.

Daar is in Australië bevind “dit lyk nie of die balle op enige wyse beskadig is of mee gepeuter is nie”.

“Daar is twee skrape op die Warriors se bal wat interessant is, maar ek glo nie dit sou die vertoning van die bal beïnvloed het nie selfs al is dit self aangebring,” het Kookaburra se direkteur Rob Elliot, gesê.

Die toetsuitslae is saam met die balle teruggestuur. 

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: krieket  |  knights  |  warriors

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.