Kiwis soek vinnige besluit oor skandaal
2010-08-30 11:27
Wellington – Nieu-Seeland Krieket het Maandag gevra dat ‘n vinnige besluit geneem moet word in 'n beweerde knoeieryskandaal waarby lede van die Pakistanse krieketspan betrek is om enige onnodige nagevolge vir Pakistan te vermy.
Geregtigheid moet geskiet, maar dit moet nie uitgerek word nie, het Justin Vaughan, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Krieket, aan TV3 News vertel.
Pakistan is veronderstel om drie Twintig20-wedstryde, twee toetse en ses eendag-wedstryde teen Nieu-Seeland tussen 26 Desember en vroeg Februarie te speel.
Die Pakistanse boulers Mohammad Aamer en Mohammad Asif, asook die kaptein Salman Butt, word deur die Britse polisie ondervra oor wedstrydknoeiery.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AFP