Kiwi-mokerman terug vir laaste t20-stryd
2012-02-20 13:21
Wellington – Nieu-Seeland se mokerman Jesse Ryder is opgeneem in die Kiwi's se beslissende t20-kragmeting met die Proteas, wat Woensdag by Mclean Park in Napier plaasvind.
Ryder het die toets-, eendag- en t20-reeks teen Zimbabwe en die eerste twee blitswedstryde teen Suid-Afrika weens 'n kuitbesering misgeloop.
Hy vervang die veelsydige Andrew Ellis, wat gevra het om vrygestel te word sodat hy saam met sy familie die eenjaar-herdenking van die aardbewing in Wellington kan bywoon.
Ryder het in Desember laas vir Nieu-Seeland gespeel in die span se sewe lopie-oorwinnning oor Australië in Hobart.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP