Kirsten soek 'held' om Proteas te red
2011-12-28 21:04
Durban – Gary Kirsten, hoofafrigter van die Proteas, sien sy span se posisie in die tweede toetswedstryd teen Sri Lanka as 'n geleentheid vir 'n speler om "iets spesiaals" vir sy land te doen.
"Ek is steeds baie opgewonde oor wat uit hierdie wedstryd kan kom," het Kirsten gesê. Die Proteas is tans 426 lopies agter Sri Lanka.
"Die een ding wat ons weet is dat dit 'n geleentheid is vir iemand om iets spesiaals te doen en om 'n held te wees vir sy land."
Die besoekers sal op die vierde dag voortgaan met 'n telling van 256 vir sewe, wat hulle posisie selfs verder kan versterk.
Kirsten het ook gesê die Proteas kan net hulleself blameer na hulle slegs 168 lopies kon aanteken in die eerste kolfbeurt.
"Ons het nie goed gekolf nie en nou moet ons die hele wedstryd lank probeer inhaal," het hy gesê.
"Op die ou end moet ons onsself uit hierdie gat kry."
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA