King weerspreek Majola se verweer

2012-01-28 08:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Oudregter Mervyn King het in Mei 2009 ’n aanbieding oor goeie korporatiewe bestuur gedoen aan Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad en uitvoerende hoof, Gerald Majola.

King, wat destyds voorsitter van KSA se komitee vir regs- en korporatiewe bestuur was, het Vrydag in Pretoria voor die Nicholson-kommissie getuig dat hy toe die noodsaaklikheid van die skriftelike verklaring van belange bespreek het.

Majola het verlede jaar voor die kommissie beweer hy was nie bewus van die korrekte stappe om belange te verklaar nie.

Majola het byna R1,8 miljoen gekry vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi (IPL) en die Kampioenetrofeereeks in 2009, maar dit nie aan KSA se uitvoerende raad of sy finansiële en besoldigings­komitee verklaar nie.

Dié kommissie spruit uit ’n forensiese oudit deur KPMG wat bevind het dat tientalle KSA-amptenare ongemagtigde bonusse van miljoene rande ontvang het en na bewering bepalings van die Maatskappywet oortree het.

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het die kommissie ook opdrag gegee om KSA se werking en bestuur te ondersoek.

King, ook voorsitter van die internasionale korporatiewe-bestuursraad, het in 2008 en 2009 in die KSA se komitee vir regs- en korporatiewe bestuur gedien.

KSA se raad het hom nie eens in kennis gestel dat hy nie meer in dié komitee dien nie.

Hy het dit van “derde partye” verneem, het King getuig.

Die oorgrote meerderheid van die wins van ’n art. 21-maatskappy, soos wat KSA is, moet vir die ontwikkeling van die sport gaan, het hy getuig.

“As direkteur van ’n maatskappy moet jy jouself ’n paar belangrike vrae vra, waarvan die belangrikste seker is: Het ek enige botsende betrokkenheid?”

Belange moet behoorlik op skrif aan die raad bekend gemaak word.

“Goedertrou beteken om in ’n maatskappy se belang op te tree en nie vir jou eie hebsug nie,” het King gesê.

Regter Chris Nicholson het gister gesê King was die laaste getuie voor die kommissie.

Hy verwag dat die kommissie teen einde Februarie sy aanbeveling aan Mbalula sal doen.
 
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Beeld

Lees meer oor: krieket suid-afrika

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.