Khan terug by Pakistan
2009-12-19 05:52
Pakistan – Younus Khan, Pakistan se voormalige krieketkaptein het Vrydag sy hoop uitgespreek om dalk weer internasionaal krieket te speel, en het gesê hy is beskikbaar indien die span hom sou benodig.
Die 32-jarige Khan was nie vir die toer na Australië oorweeg nie, nadat hy homself nie beskikbaar gestel het nie. Hy kon ook nie deur die kiesers bereik word deur nie, maar het ‘n verrassende verskyning by die oefenkursus in Lahore gemaak.
“Ek sal binnekort weer krieket begin speel, en sal ook weer vir Pakistan speel. Ek het rus nodig gehad, maar sal gou weer plaaslike krieket begin speel," het hy gesê.
Tim Nielsen, Australië se afrigter het gesê Pakistan gaan Khan mis.
“Dit is altyd moeilik om spelers wat ervaring het, en al regoor die wêreld gespeel het, te vervang.”
Pakistan speel die eerste van drie Toetse in Melbourne vanaf 26 Desember.
Iqbal Qasim, die hoof-kiesbeampte het bevestig dat Khan weer in plaaslike wedstryde sal speel, wat hom moontlik ‘n plek in die eendagreeks teen Australië kan besorg. Dié eendagreeks sal ná die Toetswedstryde gespeel word.
Khan het reeds in 63 Toetse gespeel en 5260 lopies aangeteken met 16 honderde.
Hy het ook 5698 lopies in 197 eendag- internasionale wedstryde aangeteken.
Hy is in Januarie vanjaar as Pakistan se kaptein aangewys wat die Wêreld Twintig20 titel in Junie verower het.
- Sapa-AFP