Khan skiet teen lys op ná sy lopie-vloed
2011-12-14 14:30
Doebai. – Younis Khan het ná sy dubbele honderdtal vir Pakistan teen Bangladesj tot die vyfde plek op die Internasionale Krieketraad se kolflys opgeskuif.
Kumar Sangakkara van Sri Lanka is steeds in die eerste plek en Jacques Kallis van Suid-Afrika tweede.
Hulle word gevolg deur die Engelse Alastair Cook en Ian Bell.
Doug Bracewell, een van Nieu-Seeland se helde in die sege eergister oor Australië, het sy plek op die boullys verbeter.
Hy het van die 50ste tot die 39ste plek opgeskuif.
Die Suid-Afrikaanse snelbouler Dale Steyn is eerste op die boullys.
Hy word gevolg deur James Anderson van Engeland, Morné Morkel van Suid-Afrika en Graeme Swann van Engeland. – ICC Media
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg