‘Kersgeskenk’ toe nagmerrie vir Sri Lanka

2011-12-27 09:24
Tweets Share Share line Print

Durban – Toe die Sri Lankaanse krieketspan gisteroggend hoor Vernon Philander moes aan die Suid-Afrikaanse elftal onttrek word weens ’n eina linkerknie, het dié besoekers sweerlik gedink Sinterklaas het 24 uur laat gekom.

Maar hoewel dit die meteoriese opgang van dié Kaapse naatbouler (vir eers) gestuit het, het dit aan nóg ’n Protea-groentjie sy eerste proesel van toetskrieket besorg.

En Marchant de Lange het níé teleurgestel nie.

Waar Philander se knaende lyn-en-lengte-boulwerk die Sri Lankaanse kolwers in die eerste toets oorhoops gehad het, was dit De Lange se ongebreidelde vaart en aggressie wat gister hul kniekoppe laat klap het.

Sy 4/60 het die toerspan vroeg in die knyp gehad, voordat ’n vennootskap van 111 lopies om die sesde paaltjie tussen Thilan Samaraweera (86* lopies, 218 balle, 10x4) en Dinesh Chandimal (58, 86 b, 7x4) sake beredder het vir die besoekers.

Samaraweera en Rangana Herath (0*, 0 b) sal vanoggend op 289/7 voortkolf, nadat De Lange sy voorneme sommer reeds met die intrapslag duidelik gemaak het.

Sy eerste aflewering – ’n opslagbal van diep in die 140 km/h – het Tillakaratne Dilshan se nuwe Kersonderbroek bederf, voordat sy aanvangsmaat, Tharanga Paranavitana (12, 29 b, 1x4), oomblikke later dié 21-jarige Tzaneen-boorling se eerste toetsslagoffer geword het met ’n halfhartige dryfhou buite die wegpen.

Kumar Sangakkara (0, 3 b) is twee De Lange-aflewerings later op soortgelyke wyse uit, voordat Dilshan (47, 69 b, 6x4) en Mahela Jayawardene – wat die negende lid van die 10 000-klub geword het – saam ’n waaksame 37 lopies om die derde paaltjie bymekaargeskraap het.

Die Sri Lankaanse kaptein moes terugstap toe ’n soveelste vrot aflewering deur Imran Tahir (1/87) kort voor die middagete in die hande van Morné Morkel op die skerpby-grens beland het, waarna Morkel (2/55) oomblikke daarna Jayawardene (31, 58 b, 3x4, 1x6) se paaltjies in alle rigtings laat spat het.

Die Geluksgodin het nog twee keer breed geglimlag vir die tuisspan – eers toe De Lange vir Angelo Mathews (30, 51 b, 5x4) met sy swakste aflewering van die dag uitgehaal en Morkel kort voor die uitskeityd ook Chandimal se hardnekkige beurt met ’n hierjy-bal beëindig het.

De Lange het die skaal teruggeswaai in die Suid-Afrikaners se guns deur ook van Thisara Perera (12, 28 b, 2x4) ontslae te raak; tog sal die tuisspan nie juis oorstelp wees van vreugde om vandag wéér hul boulstewels te moet aantrek nie.

Dié kolfblad het nie naastenby soveel duiwels as die een in Centurion nie, maar gister was Dale Steyn (0/55) skadeloos, Tahir hou nie dieselfde bedreiging in as op die kitsveld nie en Morkel was veel beter – maar steeds nie bestendig genoeg nie.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.