Kepler sê daar is weer vrede met Smith

2010-05-18 09:08
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Kepler Wessels het gesê die lug is gesuiwer tussen hom en die Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Graeme Smith, nadat dié op die sosiale netwerk, Twitter, uitgevaar het oor uitlatings van die oud-kaptein.

Wessels, ’n keurder én die kolfkonsultant van die nasionale span, het ná die Proteas se rampspoed in die Twintig20-Wêreldtoernooi gesê jonger spelers moes in die span gewees het.

Smith se reaksie op Twitter was: “Ek vind dit verbasend dat Kepler sê ons moes ’n jonger groep gekies het. Hy is dan een van die keurders. Ongelooflik.” Wessels het gister gesê dit was alles ’n misverstand en dat hy die aangeleentheid reeds met die spanbestuur in die Wes-Indiese Eilande bespreek en uitgeklaar het.

“Daar moet nie nou ’n berg van ’n molshoop gemaak word nie,” het Wessels gesê.

Smith het ook uitgevaar teen kritiek van oud-spelers: “Ons het verantwoordelikheid aanvaar dat ons power gespeel het. Maar ek sien nie dat ’n wennersmedalje om die sogenaamde kenners en voormalige spelers se nekke hang nie.”

Wessels het gesê hy steun die span ten volle en voel op die Windies-toer moet daar vooruitgang met “klein treëtjies” gemaak word.

“Ek wil verbetering op alle vlakke van ons spel sien in die Windies. Ek glo daar lê ’n positiewe ses weke voor waarin die basiese dinge reg gedoen word,” sê Wessels.

“Die harde werk lê voor wanneer die span terugkom van die toer af om hom gereed te kry vir aanstaande jaar se Wêreldbeker.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.