Kepler gaan Corrie help

2010-01-28 07:10
Tweets Share Share line Print

Michael Green

Oos-Londen - Corrie van Zyl, die Proteas se tydelike hoofafrigter, het gister die voormalige Proteas-kaptein Kepler Wessels se hulp ingeroep vir die toer na Indië.

“Ek gaan Kepler as kolfkonsultant gebruik. As kommentator ken hy die spelers en weet hy wat hul sterk en swak punte is,” het Van Zyl hier op ’n mediakonferensie by Hemingways Casino gesê.

“Ek het geweldig baie respek vir hom en glo hy het die kennis om die taak suksesvol te verrig.”

Hy het ook gesê Vincent Barnes bly aan as boulafrigter.

Volgens Van Zyl was dit “natuurlik nie die ideale omstandighede” om as afrigter oor te neem nie.

“Ek was die laaste nege maande by Krieket Suid-Afrika se Sentrum vir Uitnemendheid en het gereeld nou saam met Mickey Arthur gewerk.

“Dit is waar my fokus tot Maandag was en nou moet ek my fokus verskuif,” het Van Zyl gesê.

“Daarom ontmoet ek more (vandag) vir Graeme Smith (Proteas-kaptein) in Kaapstad om my fokus reg ingestel te kry op die span en die toer.

“Ek het my manier van dinge doen en ek sal dit ook met Graeme bespreek.”

Smith het op sy beurt gesê Arthur se bedanking laat ’n groot leemte.

“Maar die spelers sal so professioneel moontlik probeer wees en sal dit verwerk.”

Hy het bygevoeg dat Van Zyl “weet wat in die span aangaan” en hy behoort dus gemaklik in te skakel.

“Ons was vyf jaar saam met Mickey en was in daardie tyd ’n slag die nr. 1-span ter wêreld.

“Ons wil dit weer wees,” het Smith gesê.

Volgens Van Zyl verwag hy dat die spelers verantwoordelikheid aanvaar. “My taak sal wees om die spelers ordentlik voor te berei sodat die kaptein hulle met vertroue op die veld kan lei,” het hy gesê.

“Ek sal geen steen onaangeroer laat om dit gedoen te kry nie; en as ek dit nie self kan doen nie, sal ek iemand kry wat my kan help.”

Op gister se mediakonferensie was Gerald Majola, KSA se uitvoerende hoof, nog hoopvol dat Arthur in die een of ander hoedanigheid deur KSA behou sal word.

Arthur het egter gesê hy het as afrigter van die Proteas bedank omdat hy voel dit is in sy én die span “se beste belang”.

“Verskille het tussen my en Krieket Suid-Afrika se raad ontstaan oor hoe om die Proteas weer bo in wêreldkrieket te kry en ek glo nie ek kan die span onder dié omstandighede vorentoe neem nie,” het Arthur gesê.

Majola het aangedui dat van die aangeleenthede wat daartoe gelei het dat Arthur bedank het op 19 Februarie op KSA se raadsvergadering bespreek sal word.

Die Proteas vertrek Saterdag na Indië waar hulle in twee toetse en drie internasionale eendagwedstryde sal speel.

- Die Burger

Lees meer oor: krieket

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.