Kan Cobras Lions ook tem?

2009-12-15 07:27
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Kaapstad - Die Cape Cobras het die laaste drie weke gewys dat hulle in die Kaap en die Paarl kan wen.

Dié Kaapse streekspan gaan egter nou van môre op die Wanderers moet wys dat hy teenstanders op die Hoëveld ook kan tem.

Die Cobras en die Lions pak mekaar van môre af in ’n SuperSport-krieketstryd.

Dit is die laaste ronde van wedstryde voor die reeks weer in Maart hervat word.

En die Cobras se voormalige Proteas Justin Kemp en Robin Peterson gaan nogmaals ’n deurslaggewende rol moet speel.

Kemp het die naweek in die Kapenaars se reuse-oorwinning oor die Titans in die Paarl met die bal én kolf uitgeblink, terwyl Peterson sy eerste honderdtal vir sy nuwe span gemoker het.

Peterson het nie baie geboul in dié oorwinning nie, maar hy het in die vorige wedstryd teen die Diamond Eagles op Nuweland die sege beklink toe hy 5/60 in die vierde beurt geneem het.

Peterson, wat die Warriors vir die Cobras aan die begin van dié seisoen verruil het, sê die Cobras moet aanhou om eenvoudige krieket te speel as hulle op hul sukses wil voortbou.

“Ons probeer net die basiese dinge reg doen en doen niks buitensporig nie. Ons bou só druk op die teenstanders en dit het die laaste paar weke uitstekend gewerk,” sê Peterson.

Die Cobras het die Warriors, die Diamond Eagles en die Titans in die laaste drie weke opgekeil en is nou bo-aan die meerdaagse reeks se puntelys.

Peterson het ook die spangees onder die Kapenaars uitgesonder as deel van hul sukses.

Die Lions word waarskynlik versterk met die terugkeer van Alviro Peterson en Friedel de Wet van die nasionale groep af en die Cobras sal op hul beste moet wees.

Veral die Kaapse toporde sal sy peil moet lig.

Belowende jong kolwers soos Richard Levi en Stiaan van Zyl het nie die laaste paar weke hul potensiaal bereik nie en skuld hul spanmaats goeie vertonings.

Die Lions het tans ses kolwers tussen die voorste tien met die hoogste gemiddelde in die reeks.

Andrew Puttick (13de) is die beste Cobras-kolwer op dié lys.

Shukri Conrad, die Cobras se afrigter, het gesê dat hy vol vertroue is oor sy span se kanse.

“Ek dink ons sal die selfvertroue van drie agtereenvolgende oorwinnings beslis saam met ons neem,” het Conrad gesê.

“Ons spelers is ook vertroud met die toestande in Johannesburg. Justin Ontong en Charl Langeveldt het vir die Lions gespeel, terwyl die internasionale ervaring van Kemp en Peterson ook sal help.

“Die Lions is egter ’n uitstekende span en het waarskynlik die beste kolflys in die reeks. Ons sal baie goed moet speel,” het Conrad bygevoeg.

Conrad glo dat Peterson, wat nie veel geboul het die naweek in die Paarl nie, ’n baie groter rol gaan speel op die Wanderers.

“Hy is uitstekend wanneer daar wip is. Dit was een van die redes waarom hy so goed teen die Eagles op Nuweland geboul het,” meen die breier.

- Beeld

 

Lees meer oor: krieket  |  cape cobras

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.