Kallis vier 150ste toets met tweehonderdtal
2012-01-04 12:13
Kaapstad – Jacques Kallis het Woensdag in Kaapstad sy 150ste toets gevier met sy tweede tweehonderdtal in sy loopbaan.
Kallis het sterk gestaan totdat hy op 224 van 325 balle deur 'n bal van Rangana Herath, wat deur Angelo Mathews gevang is, uitgehaal is.
Die 36-jarige het 143 wedstryde lank gewag om sy eerste tweehonderdtal aan te teken toe hy so bietjie meer as ‘n jaar gelede 201 teen Indië aangeteken het.
Sewe wedstryde later het hy sy tweede tweehondertal aangeteken van 280 balle in die eerste kolfbeurt van die derde en beslissende toets teen Sri Lanka.
Kallis se telling is die hoogste deur ‘n Suid-Afrikaner teen Sri Lanka nadat Gary Kirsten, wat nou die Proteas se hoofafrigter is, in Desember 2000 in Durban 180 lopies aangeteken het.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA