Kallis verloor eerste paaltjie in IPL

2010-03-24 08:22
Tweets Share Share line Print

Sportredaksie

Kaapstad – Jacques Kallis het uiteindelik sy paaltjie in vanjaar se Indiese Premierliga verloor, maar dit het nie die Royal Challengers Bangalore gekeer om hul vierde wedstryd van die kriekettoernooi te wen nie.

Hoewel Kallis, ’n lopiemasjien in dié reeks, net 19 kon kry, het die Challengers die Chennai Super Kings in Bangalore tot 135/7 beperk vir ’n sege met 36 lopies.

Ray Jennings (afrigter) se span is nou bo-aan die puntelys met 8 punte ná vyf wedstryde.

Voor dié beurt het Kallis nie sy paaltjie in vier kolfbeurte verloor nie.

Dít beteken die toernooi se grootste lopievraat spog nou met ’n allemintige gemiddelde van 283 lopies.

Nie te sleg vir ’n speler wat in 2007 as nie goed genoeg geag is om die Proteas se groep te haal vir die Twintig20-wêreldtoernooi nie.

Die Challengers het vinnig begin, maar effe die pad byster geraak toe Muttiah Muralitharan twee paaltjies – Manish Pandey en Virat Kohli – in sy tweede beurt laat kantel het.

Op 115/3 ná 15 beurte het dit gelyk of hulle sou sukkel om 150 te bereik, maar die gevaarlike Robin Uthappa het ander planne gehad.

Dié mokerman het die beurt gered met ’n blitsige, onoorwonne 68 (38 balle), wat 3 viere en 6 sesse ingesluit het, en Bangalore tot ’n indrukwekkende totaal van 171/5 gevoer.

Die Super Kings sal hulself egter skop oor die lewens wat hulle dié gevaarman gegun het.

Ravichandran Ashwin het hom met sy telling op 5 in die dekke van Muralitharan se boulwerk laat val, terwyl Murali Vijay hom nog ’n lewe gegun het toe hy ’n maklike kans op diepby van Albie Morkel se boulwerk laat val het.

Mathhew Hayden (32), met sy aardige Mongoose-kolf, was die Super Kings se groot hoop, maar die span se kolfbeurt het in duie gestort nadat dié veteraan van Australië sy paaltjie verloor het.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket  |  ipl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.